- Ons gemeente word gekenmerk deur vreugdevolle byeenkomste soos ons jaarlikse Bosveldnaweek, Lentekermis en Aandnagmale asook ‘n tradisie van verantwoordelike Bybeluitleg en ‘n spiritualiteit van verwondering.
- Waterkloof-gemeente is vanjaar 54 jaar oud en ons het tans ongeveer 2 000 lidmate (kinders ingesluit). Die gemeente se tradisionele woongebiede is Nieuw Muckleneuk, Waterkloofrif en Waterkloof (wes van Silver Oaklaan) maar 30% van ons lidmate kom van elders - sover as Tiegerpoort, Irene en Hartbeespoortdam-omgewing.
- Waterkloof is ‘n geloofsgemeenskap binne die NG Kerkfamilie en is in die Ring van Pretoria-Oos saam met die gemeentes Groenkloof, Waterkloofrif, Monumentpark, SA Gemeente (Londen) en Pretoria-Oos.
- Die gemeente word bedien deur Dr André van Niekerk.
- Die voorsitter van die Kerkraad is ouderling Piet van Hoven en die ondervoorsitter is ouderling Blignault Gouws.
- Kliek op die foto hierbo om 'n afskrif van ons nuusblad af te laai (8MB).

Ons Kernwaardes
Op grond van die Bybel en die Belydenisskrifte, het ons geloofsuitgangspunte en geloofswaardes wat vir ons gemeente van groot betekenis is en ‘n uitdrukking van ons gemeente-identiteit is. Hierdie waardes bepaal waar ons staan in verhouding tot ons geloof, tot God, tot die Bybel en tot ons medemense. Kliek hier vir 'n uiteensetting van ons kernwaardes.
